{brokerLogo}
{brokerName}
Geagte {clientName},
Ten einde ons dienslewering aan u verder te verbeter, het ons besluit om die huidige portefeulje waaronder u tans gedek is in totaliteit oor te dra na Da Vinci Onderskrywingsbestuurders met wie ons jare reeds geassosieer is.
Da Vinci word deur Renasa Versekering onderskryf wat vir die afgelope 2 jaar as beste versekeraar aangewys is deur die Finansiële Adviseurs Assosiasie van Suid-Afrika.
Graag wil ons dit beklemtoon dat daar geen verskil aan u huidige dekkings of premie sal wees nie.
Da Vinci stel ons nou in staat om meer administratiewe beheer oor ons polisse op hul stelsel te kan kry wat aansienlike verskil in ons huidige administratiewe prosesse en vertragings in omdraaitye help verhoed.
Da Vinci beskik oor uiters professionele personeel asook eisemandate wat die diens wat ons graag aan u wil bied, baie vergemaklik.
Nuwe polisskedules sal deur Da Vinci voorsien word wat ons aan u sal lewer sodra ontvang.
Die oorskakeling sal effektief vanaf 1 Januarie 2021 wees.
Weens wetlike vereistes moet ons u egter skriftelik hiervan inlig. Om die proses te vergemaklik wil ons u vra om asb. op die onderstaande knoppie te kliek wat ’n erkenning van ontvangs van hierdie kennisgewing sal wees en dat DaVinci vanaf die oorskakeling die premies mag vorder per die debietorder voorheen aan ons voorsien.
Laastens wil ons u bedank vir u voortgesette ondersteuning en ons onderneem ons beste diens aan u.
| {agreementText} |
| {yesBtn} |
{noBtn} |
| {brokerLogo} |
{brokerName} Cell/Tel: {brokerContactNo} Email: {brokerEmail} |